Die doel van die boek is om duidelikheid te gee oor algemene vrae en beginsels wat tydens vergadering ter sake is. Die boek gee praktiese raad oor prosedures en prosesse. Ben Ferreira deel sy uitgebreide ervaring om in direksies en komitees te dien op ‘n praktiese manier met skoolbeheerliggame. Deur die effektiwiteit van vergaderings en gevolglik besluitneming te verhoog kan die effektiwiteit van die beheerliggaam verbeter.
Die boek is in ses dele verdeel:
- Grondbeginsels van vergaderings
- Ampsdraers – hul rol en verantwoordelikhede
- Sakelyste en notules
- Verloop van ‘n vergadering
- Oorsig oor tipe vergaderings
- Riglyne vir die hou van virtuele vergaderings
Reviews
There are no reviews yet.